Sunday, March 12, 2006

Al klaar in die koerant!!

Ons kerk hier in Engeland het 100 jaar oud geword. In SA brag ons met geboue van die 1800's en hier in Engeland met geboue 400 NC. Ons kerk is regtig oud. Hy het 'n saal en is baie eenvoudig. Met die kerk se 100 jaar wording, het die koerant mense fotos kom neem en ons was toe ook afgeneem. Ek sal die foto scan en dan byvoeg by hierdie berig. Ons het vandag 'n kinder doop bygewoon van mense van Holland af wat ook hier by NTM is. Dit was baie spesiaal gewees. Omdat dit 'n baptiste kerk is, het hulle die baba geseen en die ouers her hulle beloftes afgele. Dit was baie spesiaal. Osn kerk begin eers 10h45 in die oggend en die baptiste kerk was al 9h30 so ons is vroeg by die huis en kan bietjie rus.

No comments: