Monday, March 06, 2006

Sneeu en son????


Net sodra ons dink hier kom die somer en so klein bietjie son, dan gebeur dit. Hier is die somer nie baie warmer as 10 grade celcius nie. Die son skyn nou en dit is 2 grade celcius 16h30. Wat ek eintlik wil se is dit is baie koud al skyn die son. Ons het gedink dit gaan warm wees op hierdie dag en toe gebeur dit. In die begin was die eerste sneeu baie aantreklik, die laast keer wat ons sneeu gesien het was in 1980 en toe nie baie nie. Ons het die laaste tyd meer sneeu gesien in Engeland as reen. Dit is nie meer snaaks vir ons om te sien dit sneeu nie. Boeta het gehuil want daar was sneeu op sy skoene, nie eers hy vind dit meer amuserend nie. Die dogters speel baie lekker in die sneeu en hulle is nog te dom om die koue te verstaan - so dink ek, ek kan nie aan 'n ander rede dink nie. Dankie Here ook vir hierdie ondervinding wat ons kinders kan beleef. Ons sal probeer bietjie sneeu saam vat SA toe maar ons belowe niks.....

1 comment:

the le Roux's said...

As ons maar net die geloof van 'n mosterdsaadjie gehad het, kon julle vir ons bietjie son stuur, ditt sou regtig van hulp gewees het, net niks met ys nie asseblief.