Monday, March 06, 2006

Kyk terug


So nou en dan is dit vir my belangrik om net so rukkie stil te sit en terug te dink aan al die wonderlike dinge wat God vir my gedoen het en om Sy hand te sien en hoe Hy gewerk het in my lewe. Ons kan so besig raak met die werk van God en met Sy woord dat ons nooit werklik die krag van God ervaar nie. Ek bind Romeine die laaste tyd baie met my lewe en wat met my gebeur en dit is vir my merkwaardig om te sien hoe die Here vir ons regverdigheid leer deur geloof en deur Paulus se lewe vir my die verskillende beginsels van sonde te leer en die grootste beginsel wat sterker is as die magtige sonde wat hom in wortel al afgerek het en dit is Jesus Christus nie net Sy kruisiging nie maar my lewe saam met Hom en Sy opstanding. Ek is regverdig in Christus. Dit is lekker om elke dag te lewe en te weet dat Christus het klaar met my verlede en toekomstige sondes afgereken. PRYS SY GROTE NAAM!!!!

No comments: